|
|
|
Login to book bands. Connect with the entertainment industry
Its free to add your listings and events or even sell tickets... |
Log InSign Up!
|
|
Join our mailinglist for specials, competitions and updates...
|
||
|
|
KRIMINEEL![]() BIOGRAFIE
Krimineel is ‘n oorspronklike Afrikaanse-rock band met ‘n passie vir musiek en hul taal. Met hul diverse musiekagtergrond bring elke lid van Krimineel hul eie, unieke styl na vore om saam 'n nuwe klank in die Afrikaanse musiekbedryf te skep in 'n genre van hulle eie.
Krimineel het al reeds ‘n musiekvideo’s wat tans op MK wys. Hulle eerste video, “Duplikaat”, het die maksimum lugtyd vir MK behaal en hulle is tans besig met 'n nuwe video vir "STAD". Hulle was ook al gaste op MK Studio1 “Live”.
Krimineel se lied, “Passiemoord” was vir 3 weke top 5 op die ATKV Afrikaanse Rock Chart net na die vrystelling daarvan. Krimineel neem tans aan hulle nuwe album, wat geproduseer word deur Stealing 3rd Productions, op by Lightstain Studios waar name soos Straatligkinders, èF-èL, Winterstasie en Flip-a-Coin opgeneem het.
Krimineel het al die verhoog gedeel met name soos The Parlotones, Zebra & Giraffe, Straatligkinders, Goldfish, Prime Circle, Watershed, Glaskas, Ray Dylon en Pretty Blue Guns. Hulle het ook opgetree by kunstefeeste in SA, insluitende Aardklop, Oppikoppi Kick-off, waar hulle langs name soos Foto Na Dans, Fokofpolisiekar, aKing, New Holland, Ashtray Electric, Heuwels Fantasties, Klopjag, Van Coke Kartel en Karen Zoid staan. Krimineel is ook op die line-up vir PUK JOOL 2010.
----------------------------------------- ----------------------------------------- ----------------------------------------- Location
Potchefstroom, Johannesburg, Pretoria
| MY BLOG |