|
|
|
Login to book bands. Connect with the entertainment industry
Its free to add your listings and events or even sell tickets... |
Log InSign Up!
|
|
Join our mailinglist for specials, competitions and updates...
|
||
|
|
Klein Libertas Theater![]() Die Libertas Teater Klub is op 5 April 1960 op Stellenbosch gestig, nadat plaaslike toneelliefhebbers reeds lank van so 'n klub gedroom het. Die klub, eers net bekend as die Libertas Teater Klub, se hoofkantoor was in die ou Wynkelder op die plaas Vredelust in Dorpstraat. Vandag is die bekende De Kelder Restaurant daar gehuisves. In 1967 verskuif die klub na 'n ou stal op die Bergzicht-terrein waar dit vandag nog gesetel is. Tot 1994 was die Libertas Teater uitsluitlik 'n amateurklub. Die naam het intussen verander na die Klein Libertas Teater om dit te onderskei van die Oude Libertas Teater van Distell. Soos wat politieke strukture in die land verander het en die kunsterade verval het, het kunstenaars self bein werk skep en ruimtes gesoek om op te tree. Die Klein Libertas Teater word nou al hoe meer deur professionele kunstenaars gebruik Alhoewel die teater nog steeds sy amateur-vleuel lewendig hou, het die klem nou ook sterk begin val op gemeenskapsteaterprojekte. Een hiervan is die “Pretty Ladies”, ’n groep plaasarbeidervroue wat met hul teateroptredes reeds wyd bekendheid verwerf het. Onlangs het die Klein Libertas Teater ook as produksiehuis geregistreer en twee uiters suksesvolle professionele produksies het die lig gesien naamlik “Want, kyk die bruidegom is hier” – ’n program oor die werk van Hennie Aucamp en “Pas de Deux” van Hugo Claus met Nicole Holm en Johann Nel. Albei die akteurs het benoemings vir die Fleur du Cap-toekennings ontvang. Alhoewel die Klein Libertas Teater se fokus nog steeds sterk op amateurteater val, is daar nou ander bene waarop die klub funksioneer byvoorbeeld:
Die aanvanklike doel van die klub, naamlik om die teaterliefhebbers van Stellenbosch te plesier en ’n aktiewe rol in die ontwikkeling van die gemeenskap te speel, bly nog steeds die hoofdoel. Vir meer inligting skakel ons by ++27-21-883 8164 of Email: [email protected]
| AVAILABLE JOBSFIND VENUESMY BLOGVENUESZula Sound bar
CLUB VOOM VOOM
Mercury Live
Cool Runnings Fourways
Cape Town
The Bohemian
The Baxter Theatre Centre
CCHQ
The Assembly
Silver Tree Restaurant
cape farm house
Cafe Barcelona
THE RAINBOW ROOM
Tings 'n Times - Hatfield
Cool Runnings
Johannesburg
The Purple Turtle
Tanz Cafe
Zeplins Nightclub Wonderboom
The Loop Nightclub
REVIEW PAST EVENTS |